My Utopia !!!
My Utopia
Deur Johan J van Rensburg
Gejaag na wind
dis elke dag se harde werk
weg van gesin verbind
blydskap amper sodra verdiende vertrek.
Dan gaan ons na my Utopia
klaar beplan en geld gespaar
ruskans weg om saam te geniet
biddend dat God ons daarheen sal bewaar.
Meer en See in mooie Richardsbaai
op strand le^ en bruin brand
in natuur loop en aande laat braai
see swem en kastele bou in sand.
Ver weg van alles, ook van die werk
oggende vroeg skulpe optel op strand
vertrek middag voor ons verbrand
ry verby hawe om haaie op te merk.
Soveel te doen, te sien
Vriende saam kuier en geniet
Weet ek het dit verdien
Sal altyd terug gaan, nooit verniet
Sluit af met ete, my Utopia
Sit met uitkyk oor die grote see
Versterk vir pad terug na gejaagde plek
Niks kan herinninge uitvee.,
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek