
Kom en maak my skoon
Kom en maak my skoon
Deur Johan j van Rensburg
Kom Here, kom maak my hart skoon
sodat U veilig in my hart kan woon
kom, en maak my siel sterk
sodat ek gewillig net vir U kan werk
My hart is nou veilig,my toekoms nou helder
Want U vat my nog al hoe verder
Ek gee myself vir U, Here
So se” ek vir die Here dankie
Wonder wat dag van More voorle’
dankbaar vir wat al gebeur het in my lewe
kan nie ophou dankie se’
ek lewe om na God te strewe.
Elke dag bring U n” geseende ervaring
sodat ek net meer kan leer
nooit ophou dankbaarheid bring
aan U Here al die lof, en Eer.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2023 - OOP projek