Tot later winter
Tot later, winter
Koue aande en kaggelvuur hang nou hul baadjies teen die muur.
Die laaste koue byt nog effe, soos die bure se pasop-brak. Sou jy vir ‘n sekonde draai, het hy jou beet aan die hak.
Keel wat krap, neus nog toe. Laaste keer vir gemmer kou en sop moet sluk om beter te word.
Tot ons weer sien, groet ons eers. Sodra die muskiete kom sing en die vlieë weer boer, sal ons jou seker weer verlang.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.