melankolie
met ‘n kwaf en al
in jou trourok van taf
het ek jou melankolie
destyds ontmoet
die sielvolle
oomblikke
vasgepen
in my
geheue
daar was
tawwe jare
jy moes taf wees
soos ’n salmander
deur vuur gaan
om hierdie
wese te
verstaan
© Tearlach.
(Melankolies – sombere weemoed soms swaarmoedig
kwaf – bolla – haarstyl
taf – taai, sterk – ook ’n soort materiaal
salamander – klein amfibie wat volgens die volksmond of mitologie glo dat ‘n salamander in vuur kan leef sonder om te brand.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.