
stilte in St Helenabaai
vanaand is dit vrydag aand
suidewinde wil steeds regeer
palmtakke klap heen en weer
amper einde van die maand
oor die duine hoor ek die see
golwe wat rasend nader storm
en seevoëls wat swerms vorm
witmuur huisies is goed geleë
vanaand kom die maan laat op
sy gloed verlig die oosterkim
wyl ek huiswaarts duin-op klim
suidewind is koel ons eet sop
laataand kners die geel-oog uil
sweef donker deur die koue lug
waar rotte speel onder die brug
skarrel vinnig weg onder die suil
vanaand is verby-pad weer stil
min geluid met mense wat braai
waai ‘n vleisreukie om die draai
meeue sit rustig kroppe vol kril
was alle vrydae maar netso stil
naweke sonder ongelukslawaai
dronkmens-stemme wat kraai
trom-musiek wat mure laat dril
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek