Rondom Graaff-Reinet is berge (Brons)
Mamma, kyk die berrrrge!
huppel haar Heidi-rokkie
rooiwang vrolik in die straat
hulle rys bo die toring van die kerk
om rond en om die dorpie af te merk
Tandjiesberg, Lokasiekop
Sneeuberg en Spandauskop
vorm kloutjies oor die skittergroen
van Kamdeboo
se eie kroonjuweel
vul lewens al van kindertyd
met liefde en respek
vir wie die Here is
vir geskiedenis en mense
kultuur oor alle grense
elke kosbaar druppel vog
en die natuur se goue skat
as mede-erfenis
te midde van Verlatenheid
bly díé geskenk van vrugbaarheid
soos Sion in jou murg en bloed –
‘n band wat blywend heel
en stewig rotsvas is
©Charleine Collins (November 2018)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek