Jongste aktiwiteit:

Verlies

Iewers in tyd is iets verloor.
Geen woord is gerep daaroor.
Daar was nie woorde of kwaad.
Daar is net ‘n afstand so onmeetbaar en klaar.

Dit is nou stil en jy is ver.
In my het iets gesterf…
Jy is nog vriend, nog vyand,
in my yl bestaan – net nog iemand!


Trek die sluiers oor my gedagtes;
verskans die omgee van ‘n vriend;
sluit my lippe en doof die lig van hoop;
rig opnuut die tralies van my sieletronk!

Wantrou en skuil in die seer van niks…
Gee niks uit myself, verloor niks van my eie wees!
Geen gewin, min geleen en als balanseer!
Dieselfde les is weer geleer – een op een is een!

Was die diep band tussen gees en gees,
net ‘n versindsel – dalk net ‘n idee –
eensydig uit my eie ervaring,
waarin jy nie om vennootskap beding?

My siel is ontbloot – soos teenoor bittermin.
Jou skouers opgetrek – vir jou mog dit gering…
Tasbare stiltes skreeu bokant al die geraas!
Jou ontwykend’ oog is vasgenael!

Respekteer my – met eerlikheid!
Waardeer my – met opregtheid!
Verstoot my – met jou rug gekeer!
Ignoreer my – ek bestaan!

Een op een…is net een!
Dis ek, en ek alleen,
net ek, en my eie seer!
En ek sweer, om nie weer myself te gee!

Onder jou voete – is my dieptes verbrysel…
In jou agteraf lag – bly my menswees in die slag…
Ek wonder met wie jy jou buit sou deel?
Of word my sielekleed in jou geselskap deur loot verdeel…

Respek…ek sterf!
Empatie…ek tree terug!
Apaties en ongeerg, afsydig en retories!
Bestaan van dag na dag, tot einde laas tyd ook sal vergaan!




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed