Jongste aktiwiteit:

Beste Vriend

Vandag krap die seer van my hart,

Soos ‘n doring in kaalvoetvlees.

En ek verlang na my jeug,

Toe droom en hoop uitgestrek was oor die lewenspad.

Voordat die realiteit van mens se bestaan

Die illusie van wat kan wees laat vervaag;

En hoop flikker net soms, as die wind die lug versteur,

Voordat kalwerliefde ontluik

En ontvou in iets dieper.

En jou siel word die kluister

Van ‘n ander se fluister

 

Ek verlang na my eie lag,

Na die Vryheid sonder kettings,

Sonder silwer en die meet en die weeg,

Na nagte van filosofeer en redeneer,

Na musiek en gesels en saam wees,

Na goeie wyn, en die bruis van jonk wees in vlees en gees.

En ek wonder, of my opstandigheid soos branders breek

Oor die rotse van jou gees, en jou gedagtes versteur.

Weer wil ek onthou hoe dit was,

Toe ons in een oomblik gebonde gesweef het soos een.

Kon jy hoor toe my siel roep om net ‘n wyle langer te vertoef?

Ek was verknog aan daardie uur!

Onthou die glans in jou tuur,

Die verborge lag in jou stem.

Die adelaar in my ongetem,

Wou sy vlerke sprei en vlieg tot teen die diepste, verste blou!

 

Is ek soms in jou gedagtes?

Het die wind vir jou vertel,

Dat ek gebede vir jou prewel?

Ek vra dat engle vlerke oor jou sal vou,

Jou sal veilig hou.

Ek steek ‘n kersie op vir jou.

Net jy sal weet…

Of jy die guns ook aan my bewys.

Is ek alleen, word ek weer bang…

Verslaaf aan jou…Ek verlang…

Jy laat my vry , jy laat my glo, jy laat my hoop!

Jy laat my weer vertrou.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed