Jongste aktiwiteit:

Al is die note vals

Al is die Note Vals

 

Note vals

wou ek graag sing,

vir U, Here,

my loflied bring.

 

Sonde het my lewe

rooier as beet bevlek.

Vuil staan ek

en voel soos ’n gek.

 

Graag wou ek net aanhou bid,

maar die alfabet se letters

was net te min.

 

Here, sal U my optel

en lei tot op die regte pad?

My skoon was

met U bloed.

 

Here, ek is alles

behalwe foutvry,

maar leer my hieruit

om sonde te vermy.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed