Jongste aktiwiteit:

Voor jy nog alles was

Voor jy nog alles was…

 

Stil op my stoep,

terwyl die son sy laaste asem blaas,

sit ek en dink

aan dit wat eens was.

 

Onthou jy, voordat jy ’n deurmat was,

ander se voete jou vuil kom trap.

 

Onthou jy hoe jy nog kon spring,

as die oor hoor jy is spesiaal.

 

Onthou jy hoe jy liefde kon gee

en voel so onvoorwaardelik.

 

Vandag sit ek met jou flenters in my hande,

stukkies en ook poeierstof.

 

Kon ek jou nie maar eerder spaar

vir iemand wat jou regtig

vir altyd sou bewaar.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed