Weduwee van God – Suid Afrika
God se weduwee verwoes
uitmekaar geruk geplunder
kinders op strate met leë sigblikke
huilende harte vergryp aan grashalmpies
die opstandigheid aan vele te blameer
want die getroues
het verdwyn onder mensekinders
vleiend was hulle lippe
terwyl die tonge groot gepraat het
verdruk is die ellendiges
gesug het die behoeftiges
en steeds is Suid Afrika weerloos gelaat
draf goddeloses rond
as laagheid die oorhand kry
murmureer almal onverskrokke
oor die dag van more..
en God kom skielik
en laat op haar val
angs en verskrikking
sy het weggekwyn
magteloos neergesink
haar son het ondergegaan
terwyl dit nog dag was
die wind weier om gesond te word
hulle vra waarom is hul smart ewigdurend
water nie standhoudend nie
in ‘n bedrieglike stroom
tog sê God as jy terukeer
sal ek jou laat terugkeer
ek sal jou red uit die hand van die goddelose
en jou verlos uit die vuis van die tiranne
Suid Afrika – weduwee van God
God sê ek is met jou om jou te verlos en om jou te red..
Keer terug na Hom dit is al wat Hy vra
@ Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.