Jongste aktiwiteit:

Vryheid

Die lang ry waens se seile blink

wyl sweepslae in die oggend klink.

Osse wat deur die stof aanstap

begin ‘n ruwe paadjie noordwaarts trap.

 

Die wiele rol oor gras en rots

ruiters vooruit regop, trots.

Bedags onder die uitspansel blou

snags die sterre in die hemels’ grou.

 

Die horison se einder bewe

aan die anderkant, ‘n nuwe lewe.

Hulle dink hulle is vry,

fluisterdraf om ‘n tuiste daar te kry.

 

Leeflinge langs Drakensberg se ruwe kranse

sal breek aan die ongetemde land se skanse.

@Marie Greyvenstein

Voetnota:

Neologisme: fluisterdraf- sag loop

leeflinge – lewensmaats




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed