Jongste aktiwiteit:

Genadedood

Brons
Eutanasie. Genadedood noem hulle dit in die volksmond. Daardie dood waartoe die ontvanger daarvan toestemming gee, wanneer die liggaam deur siekte so afgetakel is dat dit elke dag te pynlik is om te lewe. Daardie toediening van dood wanneer daar geen hoop op beterskap of ‘n sinvolle lewe meer bestaan nie. Daardie dood, wat amper dieselfde as selfdood is met die een verskil dat dit namens iemand en met wedersydse goedkeuring deur iemand anders voltrek word.
Die vraag is egter: is dit regverdigbaar? Kan ek en mag ek self besluit om my lewe te laat beëindig deur die ingrype van iemand anders? Om die vraag te antwoord, kom ons kyk daarna vanuit van ‘n ander hoek.
Dikwels plaas die persoon wat genadedood verkies familie in erge skuld, finansieel. Hoe maak jy as jy derduisende per dag moet betaal vir iemand net om ‘n beter kwaliteit van lewe te probeer verseker, terwyl jy weet dit gaan nie gebeur nie. En dit terwyl daar geen fondse vir alledaagse behoeftes meer beskikbaar is nie. Huise, voertuie en ander besittings moet verkoop word om dit te kan volhou.
Wat maak jy as geen medikasie vir pyn meer help nie? Wat maak jy as hierdie geliefde vir maande aan monitors en pype gekoppel word, sonder enige teken van of hoop op beterskap?
In ‘n sekere sin, is dit dieselfde as selfdood, maar tog met een baie groot verskil. Selfdood is ‘n persoonlike keuse, omdat die persoon voel daar is nie meer hoop nie. Maar die gevoel is op emosies gebasseer en dikwels nie akkuraat nie. Met genadedood, aan die ander kant, is die prognose egter duideliker. Dis nie ‘n gevoel nie, dis ‘n seker wete, ‘n hooplose toestand.
Ek dink dat, as dit moet gebeur dat my liggaam op daardie punt kom, ek maklik daardie keuse sal maak.
©️Henn




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed