Jongste aktiwiteit:

my rugsakdae (Silwer klas)

my rugsakdae

waar ek vandag my stem onbloot
is die woorde té groot en verstik die ink
ek – gedoop as ’n enkeling, ’n empaat,
voor hoop se nood
staan ek nou
naak

so stap ek die oggendlig tegemoet
in ‘n koppie tee word my sorge versuip
in die sonksyn se gloed skyn my dankbaarheid
groet ek God met Sy beloftes vol van moed

maar gister se verborge leed staan in die skadu’s van tyd –
weeg swaar in my rugsak gelaai met las
in die stilte van die nag
wonder ek oor die spoke van seer en spyt
wat nog altyd
(grimmend)
op my wag

tog groet ek sonder skroom die môre
en was my gesig in Sy lewenstroom
ek draai my rugsak na die son se strale
en skryf my vrede, finaal, in hierde gedig

© Pierce van Tonder




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jana Lid se profiel foto het verander