Jongste aktiwiteit:

Aarselwoorde en druppelvingers

Aarselwoorde en druppelvingers

Met aarselwoorde het ek jou
huiwerend uitlokkend genader
jou soos asem ingetrek en jy
het my ingevul soos koel
water deur my gespoel
gekoel tot in my kern
kolkend deur my ek gevou

Met druppelvingers het ek my
ritme sag oor jou lyf gerimpel
jou binneklop se deun getrommel
tot die lied van jou se klank
die botoon van ons musiek beklink
ons as een in melodie inmekaar
insink huiwerend stil saam vingervleg
verby hoop en dink na weet en voel
jy by my, ek by jou

© Grootvissie
Desember 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed