Vir jòù op jou verjaarsdag
My wens vir jou, my lief
vir die jaar wat voor jou lê,
is alles wat jou pragtige hart
nog ooit wou hê.
Geluk en blydskap
meer as waarvoor jy vra
vrede en liefde
om altyd saam met jou te dra.
Mag God se rykste seën
neerstort oor jou,
mag hierdie dag een wees
wat jy vir altyd sal onthou.
Geluk met jou verjaarsdag,
ek is baie lief vir jou.
Mag daar van my magic
vir ewig aan jou klou.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.