Jongste aktiwiteit:

ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 12 (SLOTHOOFSTUK)

Toe die groot wit Mercedes voor die deur stop sak daar n stilte soos min in die sitkamer toe. Gert en Colleen staan op om die nuwe gas te gaan verwelkom en ons kan hoor hoe hulle groet en n paar oomblikke later stap hulle saam met Lukas du Toit die sitkamer in.

In n paar oomblikke som ek die man op wat netjies geklee in n wit langbroek met n wit wintershemp in ons midde verskyn. Ek soek ooreenstemmende gelaatstrekke tussen ons en vind hulle gou.

Gert stel hom voor en stel ons een vir een aan hom voor terwyl hy elkeen met n handdruk groet tot hulle voor ma Aletta kom staan.

Ma Aletta staan stadig op en Lukas groet haar: “Hallo Aletta, dit is wonderlik om jou na al hierdie jare weer te sien. Jy is nog net so mooi soos altyd”.

Ma Aletta groet terug: “Hallo Lukas. Dit is goed om jou ook weer te sien. Jy lyk ook goed”.

Lukas sit sy arm om haar en trek haar teen hom vas en groet haar met n soen voordat hulle weer gaan sit en is dit al of daar nou n stywe atmosfeer in die vertrek heers.

Colleen staan op en nooi die vrouens saam kombuis toe om te gaan toebroodjies maak: “Kom ons gaan maak toebroodjies terwyl die manne bietjie gesels. Ons gaan later vanmiddag lekker braai en kan julle my sommer help met slaaie maak vir die braai”.

Dit is dalk net die breuk wat ons manne nodig het en wend Lukas hom tot my: “Melt ek is bly ek ontmoet jou, my seun wat ek al die jare gemis het en n groot dankie aan die paar wat jou aangeneem het en groot gemaak het. Ek hoop van harte dat ons almal saam die beste van die jare wat nog oor is gaan maak”.

“Ek hou niks teen niemand nie en baie welkom by ons. Moet net nie dat my ma weer seer kry nie want dit sal ek jou nie kan vergewe nie”, antwoord ek.

Pa Jan tree tot die gesprek toe: “Melt ek gaan vandag vir jou dieselfde sê as wat ek gesê het toe jy ontdek het dat Aletta jou biologiese ma is. Jy het nou jou biologiese pa ook ontmoet en ek verwag dat jy hom aanvaar soos jy Aletta aanvaar het”.

Lukas kyk my pa met dankbare oë aan en ek staan op en neem Lukas se hand: “Ek het geen kwade gevoelens nie en ek aanvaar jou as my ander pa”.

Tot ons die middag gaan braai kuier ons nog so n rukkie en trek dan almal stoor toe wat Gert ingerig het vir die braai en word dit n heerlike gesellige kuier middag. Lukas sit langs ma Aletta en dit is gou vir my duidelik dat hulle in n wêreld van hulle eie is.

Toe dit begin donker word wys ek vir Cindy om nader te staan. Toe sy langs my kom staan maak ek almal stil en in die stilte kondig ek aan: “Mense ek wil julle net vertel dat ek en Cindy besluit het ons is vir mekaar. Ons wil vanaand gebruik om die vreugde van verloof raak met julle te deel”.

Ek haal die ring uit my sak uit en onder groot hande geklap steek ek die ring aan haar vinger. Almal wens ons geluk en word ons allerhande lawwe liedjies toegesing.

Dit is net nadat ek en Cindy weer gaan sit het wat ek opmerk Lukas en my ma het verdwyn. Ek wil opstaan om hulle te gaan soek maar Cindy trek my ferm terug.

“Jy bly net hier du Preez. Niemand het ons gepla toe jy my die sterre gaan wys het nie. Los hulle, ek dink hulle het baie om oor te praat en het nie toehoorders nodig nie”.

Aletta en Lukas soek die sitkamer op en gaan sit op die rusbank langs mekaar nadat Lukas die deur toegestoot het. Hy neem Aletta se hande in syne terwyl Aletta vra: “Lukas, al was jy getroud met n Amerikaanse vrou en het twee kinders by haar, het jy soms aan my en ons kind gedink? “

Lukas gee haar hand n drukkie: “Aletta ons was mekaar se jeugliefde en dit is die een liefde wat mens nooit vergeet nie. ek het baie oor julle gedink en het ook maar met n ompad gehoor dat ons n seun het”.

Lukas bly n oomblikkie stil en vra dan: “Hoekom is jy nooit getroud nie Aletta? “.

Aletta kry so veraf uitdrukking in haar oë: “Omdat ek jou nooit kon vergeet nie Lukas. Ek kon nie met n man trou terwyl my hart aan n ander man behoort nie. ek was en is nog steeds lief vir jou Lukas, al het ek in my wildste drome nooit kon dink dat ek jou ooit weer sou sien nie”.

Lukas trek haar styf teen hom vas: “Aletta ek moet eerlik wees. Ek is ook nog altyd lief vir jou. Dit was die eerste ding at ek aan gedink het toe hulle my die pos by die universiteit aangebied het. Ek het na Claire se dood n jaar terug gevoel dit is tyd om aan te beweeg met die hoop dat ons mekaar sal vind en ons lewenspaadjies saam kan voeg as jy ook so daaroor voel”.

“En wat van jou kinders Lukas”, vra Aletta.

Lukas glimlag: “Ek het hulle vertel van jou. My dogter reken dit is baie romanties en is ek met hulle volle seën daar weg met my dogter se woorde: “Daddy if you find Aletta and you get married please let us know. We want to be there”.

Aletta gee n sug van tevredenheid terwyl sy haar kop teen Lukas se skouer neerlê: “Dit is goed so Lukas. Ons het darem nog n klompie jare oor wat ons mekaar kan lief hê en mekaar die liefde kan gee wat ons nooit vir mekaar kon gee nie”.

“Sal jy met my trou Aletta. Ek het jou nog net so lief soos altyd en ek weet ek sal jou gelukkig maak”.

“Ja Lukas, duisend maal ja. Ek sal met jou trou en ek weet ons sal mekaar gelukkig maak”.

Die soen wat volg is n warm passievolle soen waarin jare se passie en verlanger opgesluit lê tot Aletta uitasem wegbreek.

“Kom ons gaan vertel die ander Lukas. Hulle sal seker al wonder waar ons is”, en met die trek hulle mekaar op en stap hand om die lyf die nag in oppad na die die stoor toe.

Voor hulle by die ander kom steek Lukas vas en wys na die lug: “So helder soos die sterre daar skyn, so helder sal ons liefde vir mekaar altyd skyn vir almal om te sien”.

Aletta soen Lukas lig op die wang en dan verskyn hulle tussen die ander. Daar sak n stilte neer en almal staar hulle met stille afwagting aan.

“Lukas breek die stilte: “Mense ek wil maar net vertel dat na al hierdie jare ek en Aletta ontdek het dat ons is nog net so lief vir mekaar. Ek het haar gevra om met my te trou en sy het ja gesê”.

Nie eers ek en Cindy het so dawwerende applous soos hierdie twee gekry nie maar in my hart is ek baie bly dat die twee mekaar gevind het na al die jare en stap ek eerste vorentoe saam met Cindy om hull geluk te wens.

Cindy sit die kersie op die koek: “Dink net hoe romanties gaan n dubbele troue in Oktober maand wees: “Pa en ma trou op dieselfde troue as hulle seun”




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed