Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Alzheimer ‘n chaotiese verwarring

Deur Anita van der Walt
Datum gepubliseer: 20 Oktober 2021 Aantal woorde: 158 83 Kere gelees 4

Stadig vinnig verseker raak sy weg,
‘n lugleegte in haar denkwese van niks onthou,
haar menswees en lewenspad is nie meer geheg,
‘n enorme wêreldjie herinneringe waaraan sy vasklou,

‘n lugleegte in haar denkwese van niks onthou,
ontredderd moedig adem sy haar vrese bang,
‘n enorme wêreldjie herinneringe waaraan sy vasklou,
liefde in donker lewensskadu is al wat sy verlang,

ontredderd moedig adem sy haar vrese bang,
moenie haar vra om in die doolhowe te onthou,
liefde in donker lewensskadu is al wat sy verlang,
skadu’s omsoom haar lig, donker wese word omvou,

moenie haar vra om in die doolhowe te onthou,
omarm haar liefderik soen haar sag op haar wang,
skadu’s omsoom haar lig, donker wese word omvou,
haar lewenslied ‘n flou forse somber sang,

omarm haar liefderik soen haar sag op haar wang,
haar menswees en lewenspad is nie meer geheg,
haar lewenslied ‘n flou forse somber sang,
stadig vinnig verseker raak sy weg,




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 14
Kommentaar telling: 0

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 329 gaste aanlyn

Bydraes – Argief