
kettings van klei
–
donker blou dreigende wolke
dryf bo-oor ons in die blou hemel
alles omringende vog kombers
–
suile van verset staan op in lug
dwarrelend rook brandende bande
wat kettings span oor mensdom
–
oor die horison verskyn dwang
soos perde vasgeketting aan een wa
oorlopens toe vol gelaai met lyke
–
vasgeketting sit miljoene mense
aan gedwonge reëls geskep deur politici
gestoomroller deur wêreld orde
–
willoos ly volkere saam daaraan
kettery oorheers, gestroop van waarheid
ketting in die hand jag hul gelowiges
–
ketting-houers verknoop in rykdom
in eie reg geketting aan donker wese Satan
kettings van goud versmelt tot klei
–
getroues skuil bevrees in spelonke
in koelte en skaduwee van hul God se beloftes
ongebonde deur wêreld se ketting
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.