Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: wedersydse liefde

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 23 Oktober 2021 Aantal woorde: 113 81 Kere gelees 3


ek is lief vir die mooi blou see
my liefde kom van ver terug af
toe ek nog klein en soekend was

op die laaste bulte voor die see
was die groot kompetisie aan
oor wie sien die see dan eerste

by die strand (waar net see was)
eers kamp opslaan en dan see-toe
baljaar van vroeg tot laat net daar

of die see egter so lief vir my is
sal ek seker nooit regtig weet nie
ouderdom vertel dalk sy eie storie

baie mense trek terug binneland toe
ek het egter tuis geword langs die see
hier sal ek staan tot golwe oor my slaan

©Teãrlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1201
Kommentaar telling: 152

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 355 gaste aanlyn

Bydraes – Argief