
Vuurspuwende liefde
verskeurende vuurspuwende vulkaan
spoeg jou longe dit uit aan verterende vuur
die aardkors met swart lawa gevul
so spoel my binneste van liefde
wat uitgestort wil word
oor die ganse mensdom
bogrondse aardbewings
kom na vore die hele ganse wereld wat aan flarde is
my hart kook bolle stoom
te min besef die gemors waarin hul verkeer
elke siel gaan bedroef voor Hom staan
en hul antwoorde moet gee
verduidelikings wat ten gronde sal gaan
wil ek my liefde laat uitstort
in vuurspuwende vuur
sodat almal kan weet
die is die laaste strooi
om jou hart terug te draai
na lewe en nie vir die dood te los
my trane loop vrylik soos die lawa
net dis liefde se trane wat stort
en nie verterende vuur
wat alles gaan vernietig nie..
@Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.