Maanlig Sonate
Instruksie in lyne op papier
druk daar wag bietjie hier
note op papier, swart en wit, skakerings
G sleutel ontsluit lewe uit snare van staal
Veredelde kunswerk in sonate meesterlike klank
slanke vingers ken oktawe voete stoot pedale
hande raak klawers en klawers slaan snare
swart en wit akkoorde mooiste melodie in sonate
Maanlig in sonate….vas gesnaar
Maanlig oor die duine
maanlig oor die branders
maanlig oor die vlaktes
maanlig oor die berge
Skeppende hand van God
met al die reënboog kleure , aardbol sonate geskep
nie eers pragtige maanlig sonate
kan meeding met skeppingswerk van God
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.