Jongste aktiwiteit:

April 2018 – Paasfees projek

Beste INKers,

Met die aanbreek van April, wat hierdie jaar saamval met die viering van paasfees, het ek dit goed gedink om dit die tema te maak vir die nuwe maand se projek. Ek wil egter hê julle moet bietjie navorsing doen en skryf oor hoe paasfees in ander dele van die wêreld gevier word, indien jy wil. Andersins kan jy eenvoudig skryf oor jou eie ervaring aangaanda die pase. Dit hoef nie ‘n Christelike toon te hê nie, maar dit is elke skrywer se eie prorogatief.

SLEGS 3 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB.

DIGTERS:
Skryf ‘n gedig in jou eie styl wat beskryf hoe paasfees deur jouself ervaar word.

SKRYWERS:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor ‘n goeie daad wat tydens paasfees plaasvind.

RUBRIEKSKRYWERS:
Is Paasfees nog relevant in hierdie moderne eeu?

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed