As die skip eendag kom
As die skip eendag kom…
Skip met geld, waarheen is jou reis?
Al my speelgoed as kind het jy geëis
Ek onthou die woorde: “As die skip met geld kom.”
Soveel nagte het ek van jou gedroom
Heelwat later kyk ek steeds na elke skip se stoom. Net dalk is dit jy
Speelgoed vergete rekeninge raak niks beter. Die balju bly klop, my hart maak ‘n knop. Want die skip met die geld het nog nie gedok.
Deur: Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.