aswoensdag
uit die stof van aswoensdag
rys my siel op wolke van vreugde
verander my lied in blye lofprysing
traan my oë nie meer oor lyding
weet ek die oorwinning is seker
Hy het die dood reeds oorwin
aanstons is my stryd volstry
(Aswoensdag: Die eerste dag van die 40 dae se vastyd, waarin Christene hulself vir Paasfees voorberei.)