beelde
beelde
love is the poëtry of the senses – Honore de Balzac
as verlange die dag uitrek
skemer winterson in wolk verdryf
en grys oor die horison dreig
hoor ek stemme, saggies
soos die sypel van reën in die laatnag
in ritme en kadans van poëtise musiek…
die kamer stil raak,
jou afsonder soos ysige vingers
in die sye van jou gemoed…
dan kom beelde wat plof
soos groot druppels
op die dakplaat van my hart…
omklem hoop en drome,
in warm omhelsing,
die koue donker binne my
@Anton Kilian
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2018 - Liefdes projek