Jongste aktiwiteit:

valentyn

Valentyn

ek droom en skryf van liefde
van omgee en koester
van vingeraanraking
en vurige hartstog…

sal ek jou kan liefhê
as jy dwaal deur my drome
in donker maanlose nagte…

sou ek jou kyk eien
tussen die ritsel van boomblaar,
elke letter van jou naam
soos ‘n troebadoer kon neurie
jou reuk kon proe
bo-oor die donker maan…

jou in die hoekies van my hart
kon laat tuisgaan
wanneer ons lippe geheime deel oor die dinge
waarvan ons harte alleen weet…

kan ek vir jou lief wees
soos vir die son, die see
van jou afhanklik wees
soos van water en brood…

sou ek kon toesien
dat jou oë se strale vol bly
die eggo van jou selfbeeld somer bly
wanneer jy, soos karooreën oor my stort…

sou ek kon warm bly
jou bemin,
my valentyn
©Anton Kilian




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed