Berou [silwer]
soos water op ‘n eend se rug
watertand-traan vergifnis
uit edel gedagtes geklug
leë beloftes van deernis
druppel-kringend wedywer
oortuiging al wyer en wyer
syfer woorde weg soos water
in leë poele van hoop op later
maar herhaling tru-spieël
gedragspatrone van gisters
en eergisters se spieël
——-oo00oo——-
©Pieter Mostert
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek