In ‘n oogwink Goud
Met een suiwer boog breek die klein klippie
die spieëlgladde oppervlak van die dam
dit rimpel en stoot klein golfies
teenaan die wal waarop die ou man staan
‘n traan sluip treurig oor die plooitjies op sy wang
was dit nie maar gister nie?
Uitgelate seuntjies met botteltjies vol
platannas en paddavis –
nou net ‘n vae herinnering
binnekort heeltemal uitgewis
sy hande bewe
tussen hoek en lyn
nog een keer kyk
voordat die
spieëlbeeld
heeltemal
verd
w
y
n
.
.
.
©️ Amanda de Meillon
2 Kommentare
-

Vera Booysen
Pragtige gedig 👏👏👏
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae vir Februarie 2025 – Water projek