
BESOEK UIT DIE OOSTE
Laat een stikdonker nag,
reis drie kykers van sterre uit die Ooste,
na ’n ster wat bo ’n stal op hulle wag,
na ’n krip van ’n Koning pasgebore.
Met geskenke wou hulle hulde bring
en oorhandig aan Hom, wierook, mirre en goud,
wyl engelekore hul lofliedere sing,
oor Hy wat gekom het vir ons behoud.
©HMellet
2 Kommentare
-
neels
Absoluut asemrowend mooi al is dit so kort
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek