Betekenis van my woorde
Kom ek in my eenvoud, lê woorde op papier.
Dalk sal my gedigte aan jou hart se snare skuur.
My sinne is nie leeg, dis gevul met my gemoed,
Van wanhoop maar ook geluk, wat in my menswees woed.
Ek skryf nie net liriek, of gedigte vinnig neer,
Met elke woord gepen, kan jy meer van my leer.
Dis opgewek uit dade, in verlange uitgegiet,
Dis woorde van geluk, en ook koue hartsverdriet.
Ek skryf met ‘n doel, sodat lesers saam kan voel,
In daaglikse gebeure wat oor ons lewens spoel.
Probeer ek met my sinne, vertroosting vir jou bring,
Help ek jou besef, dat ons in blydskap saam kan sing.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.