
geboortedag
op my duin sit ek die lewe en versag
al die harde realiteite het mos redes
alle kriminele dade begin en ‘n einde
alle goeie dade ontstaan mos uit liefde
maar helaas gedagtes wyd oopgesper
vind geen vrede daarmee nog minder
elke dag se denke oor wie wat en waar
getye kom en gaan stoot op trek terug
mense lewens gaan egter gouer verby
elke jaar voel soos gedagtes verbysnel
sekondes in ewigheid van die bestaan
gister is reeds so ver in verlede vergete
lewe vir die bewuste oomblik bevredig
maar ook net tot die oomblik verslyt
wat kom skep ook nie soveel vreugde
dat nou se swaarkry daarin verdwyn
al wat tel is die nuwe lewe van die siel
hoe dit smaak en hoe dit voel onbekend
genade slegs aan hulle wat opreg glo
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.