Jongste aktiwiteit:

geboortedag

NOTA: Ek plaas hierdie gedig ook by Opleiding/Kritiek. Omdat ek nog nooit regtig gebruik gemaak het van die Poetiese Orde nie, sal ek graag dat julle vir my die pad wys daarmee. Ek probeer nie snaaks wees of ‘n stryery uitlok nie. Wat ek vra is eerlike net wat dit is. ‘n Soeke na waarheid oor die taal se Poetiese Orde.

op my duin sit ek die lewe en versag
al die harde realiteite het mos redes
alle kriminele dade begin en ‘n einde
alle goeie dade ontstaan mos uit liefde

maar helaas gedagtes wyd oopgesper
vind geen vrede daarmee nog minder
elke dag se denke oor wie wat en waar
getye kom en gaan stoot op trek terug

mense lewens gaan egter gouer verby
elke jaar voel soos gedagtes verbysnel
sekondes in ewigheid van die bestaan
gister is reeds so ver in verlede vergete

lewe vir die bewuste oomblik bevredig
maar ook net tot die oomblik verslyt
wat kom skep ook nie soveel vreugde
dat nou se swaarkry daarin verdwyn

al wat tel is die nuwe lewe van die siel
hoe dit smaak en hoe dit voel onbekend
genade slegs aan hulle wat opreg glo

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed