Yvonne de Kock
BRONSKLAS September 2021 – Positiwiteits-projek 3.Botseltjies met bekkies getuit Met die winter verby, kan ons die koue vergeet en sonder énige twyfel kan ons dit maar weet… dat die snerpende koue winter nie gekom het om te bly, dus kan ons maar in “dis heerlike lente” gedy! Nuwe botseltjies bot vrolik aan bome groen; héérlike […]
Roeline van Schalkwyk
Lees meer oor Roeline van Schalkwyk BRONSKLAS September 2021 – Positiwiteits-projek 1.Beloftes van veldblomme uitgeput is die winter en die moegheid van grys en die verleptheid van velde behou die veldblomme ‘n belofte soos die wind verse is die sneeu ‘n voorgang die reën ‘n refrein is so is die blomknoppe die brug en so […]
Elizabeth Martie Bezuidenhout
Lees meer oor Elizabeth Martie Bezuidenhout BRONSKLAS Augustus 2021 – As die blare val projek 3.Blaarverlorenes ‘n blaar het ge- val soos Boerneef se bergansveer by Woeperdal maar ek ek’t die blaar op- ge- tel tussenin ons klaar geleesde blaaie hartsdieprooi g e p a r s waar dit plek-plek bloedbevlek met vuurtong brandkeel letters […]
Thérèse Fensham
Lees meer oor Thérèse Fensham BRONSKLAS Augustus 2021 – As die blare val projek 1.’n Gedig vol Ivyblare Kan ek jou muse wees, my lyf oordadige rubens-kontoere ’n sluimerende noot in jou hande in die donker kamer skyn my vel moesiewit, sag voue van helder water en jy drink deur verskemerde oë as jy opstaan […]
Martelie Read
Lees meer oor Martelie Read Julie 2021 – OOP projek 2.Wanneer my glimlag glip (Woordetal 293) Mense het skanse en skerms. Feit. Nie almal weet nie en baie se skanse is so rotsvas in plek dat hulle vir dood sal stry daaroor. My skanse is minder, my insig is meer. My seer dalk ook. Ek […]
Taai Bonthuys – PROSA
Lees meer oor Taai Bonthuys Julie 2021 – OOP projek 1.Die nagspook se kuier (713 woorde) Hierts! Jou nagspook! Soos ‘n vallende klip tref ek die gang se vloer met ‘n hik. Ek probeer paniekbevange my oë soos ‘n verkleurmannetjie rond te draai, terwyl my neus die vloer geselskap hou. Ek waag dit nie eers […]
Ian Nel
Lees meer oor Ian Nel BRONSKLAS Julie 2021 – OOP projek 1.Ek sien die seer Ek sien die seer Wat deur jou oë praat Agter daai glimlag Diep weg gesteek. Ek hoor die pyn Agter die grappies Wat breek in jou stem As jy praat. Ek voel jou trane Wat vloei oor jou hart Waar […]
Carmen Edwards (Iron Lady)
Lees meer oor Carmen Edwards (Iron Lady) Junie 2021 – Interteksualiteits projek 3.Is iets beter as niks? “Die hoender!” “Issie dissie eier!” hoor ek hoe die kinders buite stry. Dis die eeue oue argument wat volgens my net een antwoord het. Die hoender, want God het die diere gemaak, daarna het die hoender eiers gelê. […]
Koos Elsum
Lees meer oor Koos Elsum BRONS KLAS Mei 2021 – OOP Projek 1.Werk druk in môre blou vou blaaie oop blink in ink van rekenskap in raadsale op rooi gestoeltes brand die druk middagson laat middag as donker val alleen huistoe vasgevang Koos Elsum Augustus 2022 – My huis is my woning projek 3.Leeg gebloei […]
Bonita van der Berg
Lees meer oor Bonita van der Berg BRONSKLAS April 2021 – Oordenkingsprojek 2.Verpelgrimde Eksodikus aanvang met Avond brood en wyn gebreek beker en bord leeg volbring aan die kruis nanag stryd ter helle hartseer afwagting hanekraai oorwinning dagbreek van opstanding verpelgrimde op reis eksodikus vanuit die dood… ©️Bonita van der Berg Verpelgrimde: Iemand wat verlossing […]