Peter Blum
Ou Groentesmous Die stad word altyd nuut, ‘n mens word ouer en word ‘n vreemdeling in jou eie wyk wat om jou groei. Terwyl jy staan en kyk word jou huis donkerder, jou straatjie nouer. Jou gasag oor jou kinners word ook flouer: Hulle wat eers skaars jou knieë kon bereik staan netnou hard teenoor […]
DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE …
Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal […]
Rooikappie in die stad
Rooikappie het by haar ma en pa in ‘n klein huisie in die stad gebly. Eendag sê haar ma vir haar sy moet haar fiets vat en ‘n mandjie eetgoed na haar ouma toe vat wat so ‘n endjie van hulle af bly en wat siek in die bed lê. “Reg Ma,” sê Rooikappie. “En […]
’n Berg is nie ‘n molshoop nie
Ek is eenkeer met vakansie daar in Albertinia se omgewing, toevallig in ’n tyd toe die streek wat daar die “Duinewêreld” genoem word, heel deur die molle ingeneem is. Dis so ver as jy kyk, die een molshoop op die ander. En dit was pure molle. Ek het nie self van hulle gesien nie, want ’n mol […]
Dolosse
Ons is arm. Wragtig arm. Van die armste mense wat ek ken. Behalwe miskien Ester-hulle en die Mans-gesin. Die Manse is ‘n groot gesin en die dominee gaan laai nou en dan kospakkies by hulle huis af. Hulle moet armer wees as ons want ons kry nooit kospakkies nie. Ons het ook nie kospakkies nodig […]
‘n Vriend in Nood
In ‘n huis in Molenstraat op Die Bult in Potchefstroom het vroeër-dae ‘n oubaas gebly met die naam van oom Jan Kowa. En hy was iemand met wie die skoolkinders graag gesels het, en dit is een van hulle wat my van hom vertel het. Deur die depressiejare het dit met oom Jan Kowa, soos […]
Die kwaai oorlidde ounooi
‘n Ou oom en tante wie se lewensmaats hulle ontval het, en wat gevoel het dat die lewe met hulle ook meer ernstige kant toe staan, besluit om te trou. Want die laaste eensaamheid is ‘n lelike ding. Maar hulle trou op huweliksvoorwaarde: Joune bly joune en myne bly myne, maar oud ofte not, ons is […]
Dis gebeurlik
Iemand uit Odendaalsrus se wêreld vertel my van ’n mooi ding uit die jare her. Dit moes sowat ’n driekwart eeu gelede in die omgewing gebeur het en toe het dit die storie van die dag daarlaans geword. Die paaie was glo iets onhebbeliks gewees – vreeslik diep uitgespoel. En in die slote laans het die […]
Moeilike medisyne
Ek eet eendag by ’n oom en ’n tante en toe ons aan die tafel sit, toe sê die tante sy’s darem bly dis nie dié dag ’n jaar gelede nie. Ek vra: “Nou wat het dan tóé gebeur, Tante?” Sy sê: “Man, toe was dit mos op die dag af ook ‘n Sondag en […]
“Ahiép virrie lord!”
Uit ons oumense se sukkelry met Engels vanmelewe het daar mooi goed gekom om oor te vertel. Hier is een daarvan. In 1925 besoek die prins van Wallis die destydse Unie van Suid-Afrika. En dit gebeur so dat sy weg deur Potchefstroom ook lei. Die destydse stadsvaders, onder wie daar heelwat Engelse was, besluit toe om […]