TH Wassenaar
SEE-SONNET. O magtige oseaan, jy wydgestrekte, Omsirkeld deur die ongemetenheid, Diep in jou boesem rus die onontdekte; Alleen jou swaar gehyg verneem die tyd. O nooitvermoeide see wat immer-woelend, Getye reël na gange van die maan En op die storm se stem ontstuimig spoelend, Jou branders op die rotse stukkend slaan! O ewige deining van […]
H. H. JOUBERT
DIE TREK DRAKENSBERG AF. Die reuse-top rys hoog uit bo die wolke en tronend siet op wasige oorde neer. Daaronder gaap die grondelose kolke, ombruisd met golwe van een lowermeer. Daar skram en skuur die duisend wae-wiele en sukkel knarsend oor die klippe heen, dog liewend wieg ’n duisendtal van siele — hul troue troos […]
Daniël Hugo
Vonkpos vir Marlene ’n vlinder klap sy vlerke in ons tuin: ’n tifoon tref Japan ons hond vang ’n bal: die aarde hou dadelik op met tol ek steek my pyp op: die Amasone bars uit in vlamme jy stuur vir my ’n eenwoord-e-pos: ek hoor musiek van die sfere Daniel Hugo Lied vir haar […]
Ina Rousseau
GEWAARWORDING IN DIE HERFS Ek wat reeds was in daardie donker dal van pyn wat vir my vol verskikking was, weet nou dat na jou dood die fyne gras veel teerder in die herfswind bewe, en die val van bloue reën oor smal, geboë bome my vaster aan die wonder van die aarde bind. Die […]
SV Peterson
Die vreemde Vertroue was trots en sterk op sy gelaat, Sy treë, gespierd en vry: En toe hy nader kom, toe wou ek praat, want honger het ek hom beny! Maar toe sy oë op my klere val, die flenters en die vuil aanskou, — toe weet ek: dit is helgroen gal wat in sy […]
Andy Paulse
Andy Paulse (49) is gebore op die plaas Kromfontein in die prentjiemooi Koue Bokkeveld. ‘n Natuurkind in murg en been wat na vele omswerwinge teruggekeer het na sy heimat, en nessgeskop het waar hy nog altyd wou wees, en op sy gelukkigste is. Die skryf van stories en gedigte is van kindsbeen af deel van […]
SJ Pretorius
Die Kranksinnige In hierdie sel agter die grense van die vel en die hoë vensters van die oë is twee mense: die een is gek, die ander, ek. Dis hy wat kerm en gil maar ek is bang en stil. In elke klein uur van die nag veg ek teen hom met minder krag en […]
Ernst van Heerden
Ballade Van Die Selfmoodenaar Dit is die swaarste pad, loop anderkant verby, en laat dié oog se luik geslote bly; Sê: hy had geen liefde, niks was vas of waar, en glo dat dit die brein se knak verklaar. – Die boot is omgekantel en die meeue kras waar volle seile en ‘n sterk roer […]
S Ing Mocke
Die Vrystaat En wasig beef die hitte oor die veld, Waar steekgrassaad witgolwend heen gallop, Vér teen die Suide, waar die songloed smelt, Steek yl vlieswolkies teen die stoflig op, En soos ‘n luislang, onbeweeglik stil, Streep oor die veld ‘n bruinrug heuwelry, Waar sonlig op die skurwe rotste tril, Een enkel skaap in blou […]
TJ Haarhoff
Kersies Kersies rooi in ou Berlyn, Kersies geel en rooi, – Onthou jy, arm student-vriend Hoe mooi hul was, hoe mooi? Hoe gretig het ons hul gekoop! O, goedkoop was hul toe, En arm was ons, maar ryk ons fees – Jy, nog nie lewensmoe. Ja, soet was hul en sappig vars En vars was […]