Karweier agter ‘n conveyor
Wanneer ‘n mens se hulpvaardígheid deur iemand anders misbruik word omdat dié nie weet hoe ‘n verskriklike ergernis ‘n doodgewone guns soms kan wees nie, is daardie hulpvaardígheid iets soos ‘n selfopgelegde straf. En ‘n straf wat ‘n mens oor homself bring, is mos gewoonlik bitterder as ‘n ramp. Iets van dié aard het vanmelewe […]
As jy verstaan wat ek bedoel
Ek gaan besoek eenkeer ‘n ou oom ná hy uit die hospitaal gekom het, waar hy ‘n groot operasie ondergaan het. En ek vra vir hom: “Hoe gaan dit, oom Peet?” Hy sê vir my: “Man, dit gaan goed. Ek is baie dankbaar, want dit was ‘n groot operasie en dit kon baie maklik anders […]
Die tannie se tier
Hoe stout kan mense soms nie wees nie! Dit kan die pragtigste strepe vir mekaar trek, soms dalk aan die lawwe kant. Maar toe nou maar – die mens moet soms seker laf ook wees. In die suide van Suidwes gaan jag drie kêrels op ‘n keer. Dit was nog in die óúdae toe […]
Die dominee en die smalle weg
‘n Gemeente in ‘n afgeleë geweste beroep eenkeer ‘n predikant.En vir sy aankoms op die stasie het ‘n hele klompie gemeentelede uit die ver-wêreld byna ‘n soort bedevaartstog onderneem. En hulle gaan wag die trein in. Uiteindelik stoom die lokomotiefie voor hulle verby en die trein kom tot stilstand. Maar die man wat toe daar […]
Die goeie hond
Ek loop ‘n oubaas in ‘n dorpie daar in die Wes-Transvaal raak. En ek sê vir hom: “Oe, maar dis darem n pragtige hond wat Oom hier het. Oom slaap seker veilig snags?” Hy sê: Nee, die hond is nie sleg nie, maar hy kom nie naby die een wat ek voor hom gehad het […]
Oorlidde Pa en die by
Annerdag kom ek by ‘n kêrel en ons het oralster oor gepraat, en later gaan dit oor rooibye. En hy sê vir my: “Man, ek sal nooit ‘n rooiby sien, of oor hom praat nie, of ek dink aan my oorlidde pa. “Ek sal dié dag nóóit vergeet nie. “Ek het so snaaks gekry, lat […]
’n Emmer tanne vir ’n hospitaal holbekke
In ’n hospitaal – waar krankheid en ellende nie ontuis is nie – smaak dit my is snaaksigheid ook nie juis ’n vreemdeling nie. En snaaks is mos nêrens snaakser as daar waar hy nie verwag word nie; veral as hy boonop sommer bloot net gebeur, ofonvermoeds gebeur laat word. Iets van die aard het […]
Dawid en Jonathan
‘n Oubaas daar uit Pelgrimsrust se wệreld bel my en hy sê vir my hy wil my ‘n leeustorie vertel wat vir hom ‘n besondere boodskap inhou. Ek sệ: “Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is.” Hy sệ nee, lat by eers die storie vertel; dis uit die mond van ‘n oorlede ou oom van hom. […]
Joan Hambidge
Ongerymdhede Ongerymdhede dring die dag binne my shrink (soos my heiland) hoor my nie my vriende versaak my misverstande tussen my en haar word woedende stiltes die natuurskoon bedreig my die oseaan woed ‘n springgety en ‘n skip sukkel om oor die einder te verdwyn en die here weet: ek kan nie eers meer ‘n […]
WILMA STOCKENSTRÖM
Binnehof Wanneer die kleure kouer word en die skadu’s so diep dat die wind daarin val, kom die tyd wat langer is as nooitverby. Die binnehof van ‘n swetterjoel duiwe leen hom tot spesmase, asof berge frons op die horison van my gedagtes. Die fyn varingswaai skryf teen die muur elke dag in die skuiwende […]