Blommeprag
madeliefie sagte ronde lyfie lag oopbek goudgeel
hoe son sy warm soene met haar deel
soutbossie bemin in silwer maanlig strale op sand rand
waar branders babbelend breek op strand
noem noem deel vrylik smaaklike vrugte verleiding
soos heelal met lofprysing soetheid besing
pronkertjies sagte skoulike spatsels kleure
verkondig die Heer se genade en vrede
©Anita van der Walt 09/01/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.