Gedwonge Verhuising
Dis vroeg, baie vroeg oggend. My slaap benewelde verstand begin stadig verander, tussen slaap en registreer. My sintuie verskuif ook van droomland na hede. Stadig.
Ek raak bewus van die reuke om my, die klanke. Dit ruik en klink so bekend, maar waar? Deur die slaap newels delf ek diep, onthou, die spring soos ’n padda gevang in ’n blik, op en af, op en af soos hy probeer ontsnap. Mamma, my mamma! Natuurlik! Roep ek hardop uit.
Helder en duidelik verdring onthou al die slaap newels. Ek is wakker, en my hele lyf tintel! Onthou, bring golf na golf se herinneringe, spoelend oor my styf gespannende lyf. Ek hygend na asemteue, diep ek na asem, want asem, die is net vlak in my keel.
Opgewondenheid neem van my besit. Ek onthou. Ek onthou, gistraand het ons hier heen getrek. Ons is net in ’n voertuig ingeboender. Ons het geen keuse gehad. Die besluit dat ons sou verhuis was vir ons geneem. Ons gevoelens was nie tersake nie!
Bok, Caesar en ek. Ek wil eers huil, skreeu! Die onregverdigheid, maar onthou, peuter lastig met al die los drade in my geheue. My hele sin na regverdigheid word verdring deur opgewondenheid.
My ma, soekend gly my oë vinnig oor almal wat nuuskierg my beloer. Party sommer openlik en onbeskaamd, so as of ek op ’n uitstalling is, ander beloer my meer diplomaties en ongesiens. Ek roep uit na haar maar helaas, haar sagte gerusstellende klanke hoor ek nie. Ek is verskrik, leef sy nog? Is sy eenvoudig net eenkant gegooi? Nie meer nodig, jy is te oud! Ek onthou die dag toe ek gebore is. Ek het nie mooi geweet wat my getref het nie. Net hier waar ek staan, is ek gebore. Twee sagte groen oë het na my gekyk en twee groot mense mans hande het my saggies opgetel. Ek was verstom dat sulke groot hande so sag kan werk.
Ek vra rond waar is my ma? Almal draai hul koppe en stap weg. Net een van die oudstes, lei my eenkant. Vertel my, hier het ’n man met n bakkie gekom, haar gevat. Hul het my mamma nooit weer gesien nie.
Bok kom staan teen my. Wil my troos. Nou wil ek nie getroos word nie. Nie deur enige iemand nie en veral nie deur Bok nie. Los my net uit sis ek vir hom. Ek begin te hardloop, heen en weer. So Vinnig as wat my bene my kan dra.
Ek gaan hul gas gee. Dis n vaste besluit. Ek sal nie saam met enige iemand werk nie. Ek en almal hier is nie net stukke meubels wat net rondgeskuif kan word soos dit elkeen pas nie. Al dink hul nie so nie, het ons ook gevoelens, ons mis ook ons geliefdes. Ek is sommer weggevat van my ma toe ek nog n jonggetjie was. Ek onthou bang alleen nagte. Ek onthou verlange, haar reuk, haar gerusstellende klanke. Niemand kan jou ma se plek inneem nie. En nou na al die jare is ek weer terug op my geboorte grond.
Die toekoms? Ek weet nie. Ek is bang en tergelyke tyd opgewonde. Voel al of my sirkel hier voltooi is. Hier op my geboorte grond. Hier wil ek en sal ek sterf. Dit is my wens. Dit is as niemand anders weer vir my, Gabriel die bruin hings, sal besluit nie!
©Anita van der Walt
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek