Boemelaar .
Verwaaid soos die sand
van ‘n Afrika woestyn
stemloos vergete
soos ‘n ou landmyn
Nêrens jou naam
op ‘n rekord gepen
of per abuis
‘n ou gelukkie te wen
Flenters jou hemp
en ‘n baadjie wat stink
van brandewyn bloots
sonder skaamte te drink
Vuil jou trane
Na myle se loop
Blik-skud op straathoek
Jou enigste hoop
© Carla Visser
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.