Monique …
As ek woorde kon vind
wat ooit kan omskryf
hoe kosbaar jý is my kind –
Sou ek dit inets
teen die vensters
van jou hart,
waar dit ewig
teen ʼn reënboog
van liefde weerklink.
Ek sal my woorde foutloos
aan jou hartsnare bind
Elke sin met hoofletters
in silwer vergul.
Aan die i’s se kolletjies
diamante vasgom,
en my versreëls só skryf
dat elk se afloop
teen ń ster tot stilstand kom.
Maar nêrens kom na vore
die woorde waarna ek soek!
Op geen klipplaat
of papirus
of Tibetse verseboek.
Nie in griekse hiërogliewe
of poëtiese argiewe
of selfs in die donker
van Dante se spelonk –
vind ek woorde teen die mure
wat getuig van die liefde
wat ewigdurend
deur my moedershart kolk.
vir Monique: 22/10/17
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Vir my een van die mooiste en sielvolste uitings van moederliefde. Pragtig!