Jongste aktiwiteit:

Botterblom Vrou

Botterblom Vrou,

Vrou, kies vandag om n Botterblom te wees. Groei, vasberade en sonder vrees.

Hulle weerstaan die droogte, en kom klaar met die nodigste. Hulle is taai, net soos jy daar is vrou. Maar tog sodra wolke kom is haar blare toe gevou.

Stap vandag kop omhoog. Al voel die grond waar in jy geplant is dor droog. Kom ons wees soos n Botterblom. Elke lente bars hulle uit die droei aarde nog voor die eerste reen geval het. En verkondig die heerlike waarheid van n nuwe dag en lewe.

Laat die wereld jou plant in die dorre son, groei net daar en vergeet die swaar. Jy het die potensiaal om almal om jou te roep met jou pragtige blare en te wys-Dit is weer tyd vir lente.

Jy Vrou, is n Botterblom. Gemaak om deur jou krake te kan groei. Steeds Ander jou kleurvolle klere te wys. Maak jou blare toe as die son sak. Rus. More strek ons ons arms uit, nes die Botterblom sy blare. Jy weet jy kan. Ons is vrou, dit is in ons are.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed