Dans lappop dans
Hande netjies op haar skoot gevou
Sit die lappop en wag vir jou.
Dis kwart voor saans
en die poppe moet dans!
Genade-gare om haar bymekaar te hou
Soos sy verbete aan haar lappies-hart klou.
Jy mors al jare met die lappop
en fluister jou leuns in haar lapkop.
Jy pluk mos aan haar toue
torring haar vertroue.
Hou haar in jou slaaf-visier
en laat haar dans vir jou plesier.
Trane spoel haar knopies-oë
Vlek hart en wange ewe so
Jy martel haar so selfvoldaan
Tot dié lappop ook ashoop toe gaan.
© Carla Visser
5 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goed gedoen. Veral jou eerste 3 strofes vind ek baie slim geskryf. Die ritme en rym werk baie goed. Wel gedaan :-)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Oulik ;-)