Jongste aktiwiteit:

Die Ballerina

BALLERINA

Die swart swaan
die wit swaan,
die musiek
die klank
die note wat
deur haar pirouette rank
die ademlose bewondering
die waas van haar romp –
dit alles
laat die bloed deur haar are pomp.

Die Neutkraker, Swanemeer
en Giselle…
om deur die medium van dans
die gehoor te vertel
van woede en liefde
van verraad en seer
om en pointe
haar lyf in die dans te beheer…
die wete dat ander haar grasie begeer
laat haar aand na aand
na die verhoog terugkeer.

– Lorraine Smit




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed