Jongste aktiwiteit:

Die Euwel van Leuens

Soos wat ons almal weet het ons wêreld ń omgekeerde wêreld geword van korrupsie, leuens, agterdog en skynheiligheid want agter al hierdie dinge lê bedrieglike onwaarhede wat opgemaak is deur mense wat lyk soos ek en jy.
Hoe bedrieglik kan mense jou om die bos lei, sonder dat mens dit eers agterkom… en ongelukkig is dit, waar mens hulle rieme styf loop, omdat daar geen kennis van geestesonderskeiding is by baie mense nie…
So die euwel van leuens kan baie skade berokken aan honderde mense, op die ingewing van die oomblik omdat hulle nie agterkom daar word met hul breins gesmokkel nie.
Leuens kom na jou toe soos ń roomys, alles klink pragtig en vol beloftes maar op die langduur ly mense skade eers lank nadat hulle dit agtergekom het..
Met leuens word die waarheid opsetlik verander na die onwaarheid van dinge…. Daar is soveel valsheid in mense wat leuens versprei. Ons hoor baie daarvan dat een of ander persoon aanmekaargesit is met leuens, want so ń persoon hou nooit op om leuens te vertel nie..
Mense moet onthou ń leuen het altyd ń kort been, en kom die waarheid altyd te voorskyn, en menigmaal op die regte tyd en plek, en natuurlik tot baie mense se ontsteltenis. Soveel mense word uitmekaar geruk as gevolg van leuens wat versprei word… huwelike word opgebreek, skeiding tussen goeie mense word verbreek.
ń Leuen sal altyd onbetroubaar wees, en wanneer jy in besit is van ń onderskeidingsgees, sal jy onmiddelik agterkom wanneer ń persoon lieg want jy sal aan sy houding dit kan sien en lees, of in sy woordeskat en in sy houding hoe hy optree teenoor jou… maar as jy nie in besit is van ń onderskeidings gees nie, gaan dit moeilik wees om dit te eien.
Met al die valshede waarmee ons land getreiter word, weet geen mens meer watter kant toe ook nie, want as gevolg van leuens word ware opreg mense vandag as die krimineel raak gesien en hulle wat die leuens versprei word as die nié krimineel raakgesien.
Leuens het regtigwaar ń euwel geword in die samelewing van vandag, en die onskuldige mense boet die hardste daaraan, want jy kan hoe reg wees, jy trek aan die kortste end.
Mense se integriteit is vervang deur leuens, want almal val deesdae vir leuens en skop integriteit by mense nie meer in nie. Wat het van die dae geword dat slagspreuke saak gemaak het, maar slagspreuke het ook leuens geword,
Kettingwinkels se advertensies is misleidend want die of daai een adverteer hulle is die goedkoopste, maar as jy jou kon kry was ń ander een die goedkoopste, so mense word mislei en verlei met soetsappigheid aan woorde en word hulle maklik omgekoop met woorde.
Die kaf moet van die koring geskei word, maar dit gaan ń uitdaging en ń half wees op sy eie. Hoe doen jy dit in ń wereld soos vandag waar almal eerder agter die wêreld en sy dinge aan hardloop en dink hulle doen die regte ding.
Terwyl daar blatante leuens oral op media versprei word, en dit die grootste snert is wat aan mense deurgegee word, bly dit onvergeefbaar wanneer mense uitgevang word.
Dit is soos kul jou hier kul jou daar, so het baie ookal baie geld verloor as gevolg van leuens.
En wat die ergste daarvan maak, is dat ń leuen deur iemand vertel word, wat weet wat die waarheid is. Daarom is dit vir my makliker om te glo net in een Waarheid en dit is dat daar ń God is, en aan Sy Woord wat die enigste waarheid ooit sal wees, en weet ek, daaraan kan ek vashou, want met menigte getuienisse kan ek vorendag kom waar God my gehelp het uit situasies wat as leuens afgemaak was… en my verwyder het van mense wat nie die waarde toevoeg aan die waarheid soos ek aan die waarheid glo nie…
Om die waarheid te praat is beter as om ń leuen te vertel, want in die waarheid bly jou storie altyd dieselfde, en hoef jy nie weer ń leuen te vertel, as jou leuen nie dieselfde uitkom by ander ook nie…
Wat mense nie besef nie is dat leuens ook een van die dodelikste sondes is, wat vandag heers, want die aaklige leuen euwel word toevalige ook in elke christelike gemeenskap aangetref, en dit verafsku ons Here God die Almagtige vader.
Kan mens ooit van die leuen euwel ontslae raak, ek glo nie, want in die Bybelse tyd het mense al die manier gehad om leuens rond te swaai en sal dit altyd die sirkelloop van mense bly…. Hulle wat in Jesus glo, glo net aan die waarheid en hulle leef die waarheid… maar die wat leuens verkoop het nog ń lang pad om te loop om reg te kom.




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed