Jongste aktiwiteit:

Die hyser huil .

Ons wag en die hysdak huil onnatuurlik.
Oop gaan die deur en dan weer toe.
Whoo-hoo reis die hysbak na onder.
Die ewige suis geluid voorspel n onheil whoo-whoo.
Geduldig, angstig wag ek vir vroutjie se beurt van aankoms.
Intensief is die lokaal waarlik, met misvormde muursketse.
Gepas vir n plek van lewe en dood, emosioneel afgestomp.

14 September 2015 die laaste groot operasie, eers hoop min besef dis wanhoop.
Oop gaan die hyser deure, nog n pasient, na aan die dood.
Loeiend huil die hyser soos n huilende woestyn wind Whoo-whoo.
Ek kyk vas in die verwronge sketse, ek verlate, alleen, waarheen?

Hoeveel dooies is al hier verby gestoot terug na onder.
Dan, vroutjie word uitgestoot, na die offerkamer. Bleek en stil.
Ek verbeel my die skewe nargesigte teen die muur lag vir my-onheil
Le net daar daar, gesig geskend, geswel . . . my wederhelf.
Was alles dit werd, my voorgevoel waar geword? -verniet
God U het vir altyd haar glimlag gevat-die wind! die wind NEE
Whoo, hoo van nou af alleen, ek n alleen man whoo-hoo
Die nargesigte, die hersinskimme, treurmare, die wind die wind!!!




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed