Die kleurgrens van liefde
Soms kan die reis na liefde moeisaam en emotioneel wees, blou lug, geel son, groen gras en met ’n reënboog van kleure wat tussenin rondbeweeg. ‘n Jong vrou het in trane uitgebars, en ’n huilende jong man het weggestap, nog ‘n liefdes teleurstelling het stil tussen hartseer en pyn gaan lê.
Die menslike begeerte om in liefde te glo en in liefde te leef. Die liefde weergaloos, eens ‘n gaarde blom volmaak soos ’n wonderroos, dan weer donker soos die swartste nag.
In die Bybel toon dat God insig het in die mens se emosionele reaksie op kleur. Twee mense raak verlief op mekaar, hartjies in rooi word oral geteken en ingekleur. Dit begin by ‘n geurige krui, roosmaryn. Om hierdie krui se heerlike geur vry te laat moet die fyn blaartjies gekneus word. Om groei te stimuleer moet die takkies voortdurend gebreek word. Deur hierdie kneusing en breek vind die ontwikkeling van liefde plaas.
Maak jou hart ‘n teken’lap, en verf dit met kleure van liefde. Vol bloedrooi aarbeie saam vonkelwyn, en die agtergrond met crême brûlée, die kleur van heuning.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2019 projek - Kleur