vir
Gedigte
die lewe
hoor ek telkens
die lewe het my sus
of so behandel
was maar moeilik
arm kinderjare met min
om van te leef
wie of wat is die lewe
dit wat jy tot hier ervaar het
jy, jouself of sweef jy
tussen dimensies
leef daar baie verlorenes
wat die lewe belas
elke mooi wat gebeur
word eenvoudig net aanvaar
slegte tye aan lewe gedig
was dit nie vir die lewe
wie of wat sou jy wees
neandertal, mens of kees
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.