Die Loodgieter
Loodgieter
Motors en bakkies was mos nie maar net van altyd af daar gewees nie. En na die koms van die vervoermiddels was dit ook nie vir almal beskore nie. So was telefone ook maar skaars. Die betrokke boer en sy vrou het tussen Garies en Kamieskroon op ‘n plaas gebly. Hy het benewens ’n ou perdekarretjie ook ’n fiets gehad wat hy veral ingespan het as hy alleen oppad was sonder enige noemenswaardige vrag.
Sy vrou het verwag en een voordag oggend vra sy vir hom om die vroedvrou wat in Kamieskroon is te gaan kry want dit was tyd. Op sy fiets Kamieskroon toe – daar gekom is hy reguit na die vroedvrou se huis. Sy bied aan dat hy sy fiets op die Two Seater Fordjie se agter buffer kan vasmaak, maar hy bedank dit want hy wou nog by die Kooperasie op die dorp goed kry wat nie die vorige dag by Garies se Kooperasie beskikbaar was nie. So is sy vooruit en hy agterna na sy besoek aan die kooperasie. Toe hy op die plaas kom staan die vroedvrou bekommerd op die stoep en lig hom in dat dit ’n geval vir ’n dokter is en hy ’n dokter moet kry. Net daar draai hy om met sy fiets Springkok toe na Dr van der Heever. In Springbok aangekom is die dokter van die probleempie verwittig en die bied aan dat die boer saam met hom kan ry met sy fiets agterop die bakkie. Weereens wys hy die aanbod van die hand want hy kon nie die oggend by Kamieskroon se kooperasie die goed, wat hy al die vorige dag nie by Garies se kooperasie kon kry nie, kry nie en wil sommer in Springbok by die kooperasie aangaan.
So is die doktor weg en hy kooperasie toe waarna hy plaas toe is met die fiets. Laat middag toe hy op die plaas aankom staan die dokter op die stoep en sê vir hom: “Die vrou se water het nou net gebreek”. Nog voor die dokter ’n volgende woord kon uitkry antwoord die boer: “Nee dokter moet nou net nie dit sê nie – die naaste loodgieter is dan nou in Vredendal.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.