Jongste aktiwiteit:

Die Teddiebeer Piekniek

Boetie Beer se eerste treinrit! ‘n Avontuur in die groot wye wêreld! Die beertjie was ‘n bietjie bang en angstig maar eintlik kon hy nie wag nie hy het so lank daarna uitgesien. In die stasie is nuwe geluide en lawaai orals en baie mense almal besig en vreemde reuke soos gebrande olie en yster wat sing en skree en stamp kool en rook. Groot staal wiele tjank en skud en die waens stamp en stoei portiere roep en smouse verkoop koeldranke en lekkers en pakkies skyfies en yslollies. ‘n Geroep en gepraat orals. Wat ‘n deurmekaarspul almal haastig aan die gang met hulle eie dinge. Dit was alles ‘n bietjie oorweldigend. Daar was afkondigings en toe die Klok:

GONNNG!

Bestemming Speelgoedland!
Bestyg op Perron 3 Vertrek 7h30
Eerste halte die Geheime Woud!

GONNNG!

Alle beertjies aan boord!

Boetie het gekyk na die groot stasie horlosie. Dit was twintig-oor-sewe hy was benoud: En as ek nie betyds is nie? Ry die ander beertjies vir die teddiebeer piekniek sonder my? Maar Miramdam het hom gerus gestel en sy hou sy hand styf vas.

Hy was op ‘n sondagskool uitstappie dit was sy eerste uitstappie op sy eie. Boetie Beer moet ‘n bril dra die raam is swart en die ronde lense dik hulle laat sy oe groot lyk dit was sy eerste bril. Hy is onhandig en lomp maar baie gaaf hy is oulik en vriendelik hy hou van lag en glimlag. Hy lees graag kinderboeke en hou daarvan om met ander beertjies en kindertjies te speel.

Daar was baie teddiebere op die platform wat praat en haastig skuifel en skarrel en stoot en stamp met mekaar en stoei en druk. Aankondigings eggo deur die stasie:

GONNNG!

Perron 3 Vertrek vir Speelgoedland!
Teddie beertjies! Teddie beertjies!
Almal aan boord!
Eerste halte die Geheime Woud!

Die stoomtrein vertrek! Trek stoot druk stamp. Rommel rammel rammel ratel.

Die venster het vas gesit toe hulle dit oop kry waai en groet Boetie en sy kajuit maatjies jolig hulle mense. Boetie het alleen gevoel nou met Miramdam en Kleinboetie wat vir hom waai en verder raak en verdwyn soos die trein spoed optel.

Kleinboetie Beer moes agter bly hy was nog te klein hy sal volgende jaar oud genoeg wees. Ouers en grootmense mag nie saamgaan nie dit was net die sondagskool en juffrouens. Miramdam Beer was baie mooi sy was baie sterk en baie liefdevol ook. Sy het vir Kleinboetie op die heup gehou terwyl hulle gelukkig vir hom waai en arme Boetie waai ook en rek en met sy oë bietjie op skrefies om beter te probeer sien.

Daar was nuwe klanke met die stoomtrein se skud-skud stamp-stamp stoei ruk-en-rol ruk-en-rol en die lokomotief se tjoef-tjoef tjoef-tjoef tjoek-tjoek tjoek-tjoek haff-paf haff-paf die hoë ssing van die fflluuuiit en tooeet! Die waens swaai heen en weer en die wiele rammel en ratel die ritme rattatata-rattatata rrattata-rrattata takkataka takkataka takkataka. Boetie het gehou van al die lawaai.

Twee ander beertjies het die kajuit met hom gedeel maar hulle sou nie slaap nie die trein rit is glad nie so ver nie. In die gangetjie het hy sy gesig teen die klein venster gehad om te kyk na die ander kant van die trein. Die gangetjie loop van trok na trok. Bome gras huise fabrieke paaie lamppale wolke motors trokke veld plase gaan vinnig verby een na die ander en mense en kinders en bere waai vriendelik vir die stoomtrein en die beertjies groet vrolik terug!

Die teer plekkie was die klein meisiebeer Trudie. Hy kon voel hoe klop sy hart met Trudie wat verby skuur in die nou gangetjie. Die trok skud en stamp rof en sy stamp teen hom vas. Met die geswaai en stamp val Beertjie se bril dat hy daar trek maar die klein Trudie is vinnig sy red sy bril. Sy het die lense gou skoon gevee met ‘n doekie en met ‘n suikersoete glimlaggie terug op sy neus! Sy was regtig ‘n baie oulike beertjie sy was ‘n sag warm liefdevolle dogtertjie beertjie en baie slim! ‘n Klein bietjie ouer sy was ‘n mooi beertjie altyd bedagsaam en hulpvaardig.

Boetie Beer was nou sonder Mamma of Pappa Beer maar hy het gou vergeet en hoe geniet hy die stoomtrein rit! Hy was op sy senuwees en alleen maar met die ander beertjieseuns om hom het hy moed geskep. Dit was Boetie se eerste keer weg sonder sy ouers op sy eie maar hy het braaf begin voel hy het selfs trots op homself gevoel dit was regtig toe nie so erg nie. Die Beertjie het veilig gevoel met die sondagskool juffrouens en ander onderwysers, hulle was ouer bere en in Boetie-hulle se wa was die opgewekte Juffrou Kristal. Sy was vriendelik en opgeruimd ‘n goeie hart maar sy was nogal baasspelerig. Sy het aan die kompartement deur geklop om die beertjies te tel. Sy het hard gepraat met Boetie en hom gewaarsku hy het sy kop by die venster uit gehad. Hy kon baie seer kry of sy brille verloor.

Rattatata-rrattatata Rattatata-rrattata Takka-takka Takka-takka Takka-takka gesels die trokke hulle ritme terwyl die uitsig verbygaan. Heel voor in ‘n draai van die spoor kan mens die lokomotief sien sing en rook en mens hoor die lang fluit huil terwyl met sy stoom die kragtige lokomotief voortbeur.

Die lug het grys geword en met wolke voor die son dit het begin liggies reën. Boetie het in die kompartement gesit op die slaap bank terwyl hy uit kyk vorentoe en dagdroom en die grooter druppels rol oor die venster. Die mis en koel lug wasem die venster toe en hy het geskryf met sy vinger mmm. Die somers reënbui was gou oor en die son skyn dit is weer mooi weer. Klikkettie-klak Klikkettie-klak! Tsjoef-tsjoef! Tsjoef-tsjoef! Haff-paff! Haff-paff! Tsjieka-tsjieng Tsjieka-tsjieng! Teooot teooot!

Die teddiebeertjies was nou eers opgewonde die Geheime Woud halte was naby! Die ysterspoor huil tjank tsssiiiinng stoot druk stamp stamp. Stamp. Klang. Stop. Die masjien Pssssheeeee!

Aandag! Aandag! Afkondiging!
Halte Geheime Woud!
Alle beertjies land aan Platvorm 2

Van blydskap en geluk ‘n gejuig! Laat hulle los die opgewonde maatjies! Piekniek tyd heeldag speletjies sing en dans en baljaar in die woud en allerhande lekkernye vir soet beertjies!
Yyyyyeeeeeeeeeeehh !!!

~ * ~

Beertjies Beertjies stap in ‘n ry
Een twee drie vier stap hul verby!
Uit die korwe heuning vir die nooi
Links regs links regs kyk hoe mooi!

Kom nou kom nou dans met my!
Altwee handjies in die sy
Trap-trap hier trap-trap daar
Altwee voetjies by mekaar

Hakke tone kap kap kap
Handjies same klap klap klap!
Beertjie draai en beertjie swaai
Bietjie swaai en tiekie draai

~ * ~

As jy vandag in die woud gaan stap sal jy jou verseker verras
As jy vandag in die woud gaan stap beter jy jou goed vermom
Want elke beer watookal was sal daar wees verseker vandag!
Want vandag is die teddiebeer piekniek!

Heerlike lekkernye te geniet en speletjies te speel
Elke stroopsoet teddiebeer word beloon!
Sorgvry speel en baljaar en wegkruip in die woud
Onder skadubome hou die beertjies groot partytjie!

As die son sak uitgeput vaak slaap beertjies snoesig sag en knus
Mammas en pappas hul moeg in hul bedjies gesit vir soete rus!

As jy vandag in die woud wil loop bly eerder by die huis
Dit is lieflik in die woud vandag maar bly liewers tuis!

~ ~ * ~ ~




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed